Dis ook nou lekker lente in Swede en darem warmer hierso in Falun wat ek bly. Ek het ander dag gaan foto's neem sodat ek kan wys hierso is darem nie net sneeu nie! In hierdie foto is ek in die woud tussen my klas en koshuis. Die ander foto's is by die meer net buite my koshuis waar ek gereeld bietjie gaan stap.
Ek was gister en vandag in Stockholm ook! Het by een van ons dosente gaan oorbly en kuier, en watter interressante tyd was dit nie. Die vrou en haar man is Jode en haar man 'n baie bekende Rabbi in Swede (hy was die hoof van die Sinagoge in Stockholm) en hul kom eintlik oorspronklik vanaf Amerika maar bly al amper 40jaar in Swede. Hul het ook al baie gereis en was ook al in Ethiopie en SA waar ek was, so ons kon lekker daaroor gesels.
Toe ek in hul huis instap het ek wel bietjie gevoel soos Heidi wat stad toe gaan, as jy by die vensters uitkyk sien jy net stad....
Gister was ook die Polar musiek toekennings (In Swede is dit net so groot soos die Nobel prys toekenning wat elke jaar ook in Swede is.) Polar was die company wat ABBA (yip, hul ok van Swede)promote het. Toe het ek en Ingrid daar buite gaan staan en toe sien ons die Koning en Koningin en Prinses van Swede, 2meter voor ons. Daar was baie ander bekende mense ook, maar SA meisie soos ek ken nie rerig die Sweedse bekendes nie.
Maar eers moet ek van my tyd in Noorwee vertel!! Dis rerig een van die mooiste plekke wat ek nog gesien het. Orals is berge en riviere en woude!! Was rerig ongelooflik pragtige scenery!!! Ek wou net die heeltyd foto's neem!! Ons was 4 Suid-Afrikaners wat saammet Ingrid en een van haar kore gegaan het. Die aand het afgeskop in Roros, net oor die grens tussen Noorwee en Swede, redelik in die Noorde van Noorwee. Dis 'n ou myndorpie, met baie ou houthuisies, van die huisies by die 400jaar oud. Noorwee se huise is tradisioneel van hout met grasdakke.

Die volgende dag is ons nog meer Noorde toe en het pragtige landskappe gesien.
Ons was ook meer na die kus van Noorwee, na die derde grootste stad, Trondheim, wat bekend staan as die Viking stad en dit was voor Oslo die Hoofstad gewees. Ons was soontoe vir Noorwee se Nasionale dag op die 17de Mei! En watter dag en ervaring was dit nie!!! Al die winkels in al die dorpe is toe. En omtrent elke huis op plase en in die dorp en al die winkels en selfs die taxis en busse het landsvlae op! En omtrent almal trek hul tradisionele drag aan!! En dan is daar baie orkeste en klubs en groepe wat in 'n optog deur die dorpe en stede stap, en almal is daarso!!! Die land is ongelooflik patrioties!! Ek het dit baie geniet, en soms in die middel van die optog beland! Die aand het ons toe Ingrid se koor gaan ondersteun wat ook daar opgetree het. En daarna die strate ingevaar en die dorp verder verken. Dit raak ook deesdae laat donker, hierso was ons ver in die Noorde en die laaste foto van die stad en die see is by 11uur se kant die aand geneem.
Die volgende dag het ons ook rondgestap. Ons was ook na Nidaros Cathedral, wat die grootste en bekendste Katedraal in Skandinawie is!
En toe vat ons die pad deur die berge terug na Swede.Ingrid het toe vir ons gewys hoe lyk die eerste lenteblommetjies in die berge! In Swede het ons in die provinsie Jamtland oorgebly in 'n pragtige plattelandse village met die mooiste ou houtkerkie! Ons het ook die volgende dag deur die woud gaan stap na 'n waterval! Daarna is ons na 'n Houtfabriek. Die plek is bekend vir hul pragtige houtlampe. En toe is ons vir middagete na 'n hotel by 'n ski-oord heelbo in die berge. Lekker bederf en lekker geeet! Ons het natuurlik nog bietjie sneeu gesien, veral op die grens tussen Swede en Noorwee waar die berge ongelooflik hoog is.
Daarna is ons terug Mora en Skattungbyn toe waar ons by Ingrid se huis oorgeslaap het. Die onderste foto is by Orsa Meer naby Mora.
Nou moet ek weer hard werk aan my finale opstel wat tenminste 20bladsye lank moet wees!! Ons sal maar hard moet werk die volgende paar dae want volgende week vlieg ek en Abe vir 5dae Duitsland toe!!! Ek sien baie uit na die trippie ook! Ons gaan vir Yvonne gaan kuier wat ook laasjaar 'n uitruilstudent was in Stellenbosch.
En dan moet ek natuurlik pak en huistoe vlieg!!! Sien soooooooooo baie uit om almal weer te sien!