Thursday, April 19, 2007

Jinne die tyd vlieg verby, dis amper 'n maand vandat ek laas tyd gekry het om iets te skryf!!! Dit gaan baie goed maar ook baie besig!!!
Ek was vir 5 dae in Engeland!!! Het vir Beate gaan kuier en haar op haar verjaarsdag gesien!! Die travel was wel bietjie senutergend met al die treine wat ek moes verwissel tot op die lughawe en om die regte trein te vind op die lughawe na Bea se huis! Maar al's het goed afgeloop! Die eerste aand was ek alleen in Bea-hul se huis (hul was nog op vakansie) en goed uitgeslaap na al die travel. Die oggend is ek vroeg op om die tourist ding te doen!!!! Ek het Stamford platgestap van hoek toe kant en elke














gaatjie besigtig en op kamera vasgele! Stamford het van die mooiste en oudste "Stone town" geboue!!! Ek wou elke deur, en venster en dak en skoorsteen en muur op kamera afneem, want dit was net soooooo pragtig! Ek het ook by Stamford museum 'n draai gemaak. Toe ek terug by huis kom het Bea arriveer en het ek en die Birthday girl leka gekuier en al die nuus opgevang!!! Die middag is ons toe Peterborough toe en daar rondgeloop en ook na St Peter Katedraal toe, dis defnitief die grootste katedraal wat ek nog gesien het!!! Daarna is ons na die Burghley landgoed, en lekka rondgeloop en was ook na Burghley House (lyk soos kasteel)! Ek kon nie glo hoe groen dit was nie!!! Wat my dadelik van Engeland opgevang het was die kanale met water en baie mooi GROEN lande!! Die weer was ook natuurlik warmer as Swede s'n, en ek het ook baie bloeisels gesien, wat my net opgewonde gemaak het oor die Lente wat oppad is!
Dit was heerlik om in 'n Afrikaanse ouerhuis te kuier!! Al is dit in Brittanje! Bea se pa het ons natuurlik 2 keer bederf met lekker braaivleis!!!
Ons was ook London toe!!! Ons het die show Stomp (Combination of percussion, movement and visual comedy)gaan kyk en saammet Bea se suster London platgestap, ek het London Eye gesien, Big Ben, Parlement building, Westminister Abbey, Twin Tower Bridge, Buckingham Palace, Greenwich Park en Tydlyn, Trafalquar Square en natuurlik 'n paar keer kennis gemaak met die Underground! Ek en Bea baie trein en tubes gery, en ek was darem op 'n rooi London bus ook! Ek het ook meer Afrikaans gehoor as in Swede! Ek was skaars 20 minute in London, toe loop ek 'n ou vriendin vanaf Stellenbosch af raak, Rolyn, wat nou in Engeland skool hou, ek kon dit nie glo nie!!
Ons het ook een aand by Bea se sus oorgeslaap in Red Hill en sy't ons met haar mini-cooper op 'n toer gevat deur van die dorpies naby haar en ook na Box Hill geneem. Dit was ongelooflike mooi scenery met die paadjies deur woude. Ek het ook 'n hele klompie perde gesien! Ek het die tyd in Engeland baie geniet, dit was net te vinnig verby en die Saterdag het Bea weer teruggevlieg SA toe en ek Swede toe!
In Swede het ons Sondag toe 'n regte Sweedse Paasete gehad! Hierso het hul 'n Paasboom wat hul versier met vere en eiers! Die hele dorp se strate en elke huis is vol van die Paasbome! Ons was 'n klomp studente in die koshuis van verskillende nasionaliteite wat saamgeeet het, en ons moes elkeen 'n dis bring en dit was lekker om Italianse en Poolse en Sweedse kos ens te eet!
Die Maandag vroeg bel een van my klasvriende my dat ek moet opkom na haar want ons moet begin met ons groepsprojek vir ons studie! En toe is ek op die ou einde 'n volle week weg na Ingrid toe!
Ons 3de module gaan oor hoe menseregte in die praktyk toegepas word, en ons moet 'n veldstudie onderneem oor 'n NGO of gemeenskap wat met een of ander menseregte saak te doen het. Myne gaan oor refugee children in Orsa gemeenskap ('n dorpie in die middel van Swede). Ek het al onderhoude gehad met 4 families (ouers en kinders) en met onderwysers en gemeenskapslede en die immigrationsverket (kantoor wat immigrasie hanteer). Van die stories wat ons gehoor het is rerig verskriklik!!! Ek het die een aand ook by een van die families uit Somalie gekuier, met 6 kinders. Wat vir my weereens uitgestaan het is dat SPEL (speletjies) enige taalgrense oorskry en dat dit kinders ewe skielik baie vinnig laat ontspan en mense vertrou. 'n Groot probleem met immigrasie is dat die kinders nie engels of sweeds kan praat nie! Baie van die kinders kom ook uit oorlog uit en is erg getraumatiseer. Ek gaan vanmiddag weer Orsa toe vir 2 dae om nog met 'n klompie mense te praat, en dan moet my navorsing studie maandag in wees, so dis harde werk wat wag die volgende paar dae!
Tussen die veldstudie het ek darem rondom Orsa en Mora ook bietjie gaan ski in die berge, ons het 2keer gegaan! Die boonste berge het darem nog sneeu op. Ek het ook gestap na 'n rivier en 'n canyon, wat vrek hoog was, toe ek oor die brug stap het ek gou besef ek het nog effens hoogtevrees! Ek het ook die een aand "The Queen" gaan fliek! So ek kan darem se ek was al in 'n cinema in Swede!
Verder gaan ek in Mei maand vir 4 dae Noorwee toe!!! Sien baie uit daarna!
My tydjie hierso raak ook nou alhoe minder!!! Oor minder as 2 maande is ek terug in SA!

1 comment:

Unknown said...

Hi,dis so lekker om altyd jou blog te lees.Alhoewel ons soms gesels op g-mail,is dit nogal lekker om te hoor en te sien wat jy belewe en voel dan ook meer deel van jou daar-wees.Dankie dat jy nog moeite doen om die foto's en ervaringe met almal wat jou ken en omgee vir jou,te deel.Geniet die laaste maand en 'n half wat jy nog daar is.Liefde,Mamma en Pappa,Schalk en Jan!