Thursday, March 22, 2007

Heloda!!! Na al die travel en die Modeling United Nations was ek doodmoeg, dat ek amper 'n dag en 'n half omgeslaap het!!! Nou is ek weer reg vir wat volgende moet gebeur, ongelukkig minder avontuurlustig as die vorige 2 weke, want dis AKADEMIES! Yip, ek het 2 take en volgende week alweer eksamen, maar direk daarna vlieg ek UK toe, so dan kan ek weer lekker kuier en lekker rondtravel! Ek het 'n amazing week gehad!! Dit het begin met 'n trip na Stockholm, die hoofstad van Swede en 'n ongeloooooooflike mooi stad!!!! Dit bestaan uit 'n klomp eilande, so orals is water en brue. Verder is die ou geboue pragtig, veral die Old Town. Toe ek so deur die ou lang geboue en pragtige klip paadjies stap, toe voel ek regtig in Europa!
Hier is ook 'n paar Lutheraanse kerkgeboue wat pragtig is! Hier is een foto binne-in een van die kerke. Die spesifieke kerk werk baie met immigrante en het ook 'n Swahili diens. Die aand het ons ook in 'n ou kelder, vanuit die 15de eeu gaan eet, en dit was rerig 'n stunning ervaring! Ons het ook die aand oorgeslaap in 'n youth hostel, wat natuurlik 'n skip was, so ek het weer op die water geslaap!



Ons was ook na die Stadsaal waar die Nobel prys altyd oorhandig word. Hierso is 'n foto van my by die Stadsaal, en ook 'n foto van ons klas by die pragtig uitsig vanuit die tuin. Xolile Simons, een van ons dosente van SA is ook vir 4 weke hierso en ook op die foto.



Ons was ook na die "armer" deel van Stockholm, waar jy net immigrante sien bly, jy sien nie rerig maklik 'n Sweed daarso nie. Dit kom nie eens naby aan die arm dele van SA nie, maar tog het ek hierso 'n ander deel van Swede gesien. Orals is hierdie lang vaal woonstelblokke, met min ruimte.




Dit was natuurlik eintlik 'n akademiese trip, so ons het 'n paar plekke besoek om inligting te kry oor Swede se betrokkenheid by menseregte. Ons heel eerste stop was by die Ombudsmanne vir diskriminasie, daar is 4, een vir "homosexuality", een vir "gender", een vir "ethnicity and religion" en een vir "disability". Dit was baie interressant om te luister watter tipe werk hul doen. Ons was ook na Sida - "Swedish international development agency", dis 'n staatsorganisasie wat ontwikkelings werk doen op verskeie vlakke regoor die wereld, hul betaal ook my beurs. Ons was ook na die Parlementsgebou toe, hierso is 'n foto wat ek daarso geneem het.
Vanaf Stockholm is ek en Brent en Abe op die trein na die Noorde!!! En 10ure later het ons in Umea afgeklim, waar Luisa ons met 'n groot smile kom haal het!!! Was baie lekker om haar weer te sien, en half weird om te dink, voorheen was sy in SA, en nou kan ons haar huis en omgewing sien waarvandaan sy kom. Ons is toe na Umea Universiteit waar sy ons bietjie rondgewys het en ons het ook vir Clint en Jennie van SA ontmoet en lekker gekuier en saamgeeet. Van daaraf is ons toe vir 4ure in die kar na Boden toe, dis waar Luisa eintlik bly. Sy bly ook in 'n pragtig rooi houthuisie (tipies van swede). Die aand is ons toe saammet haar na haar kerk waar sy 'n youth group het, en ons het lekker saam liedjies gesing, gedans, en popcorn geeet, en bybelstudie gehou en toe iets kunstigs gemaak. Die volgende dag is ons toe weer vir 4 ure in die kar nog meer op na die Noorde. Ons het deur die Sami omgewing(inheemse groep van swede) gery, en oor die Arktiese sirkel gegaan (ek en Luisa op foto). Die hele wereld was toe onder die sneeu! Dit het ook gesneeu terwyl ons gery het, en was ek bly dat ek nie hoef te bestuur nie!





Toe kom ons by die YSHOTEL!! Ongelooflik stunning!! Hierso is 'n foto van die ingang, met Reindeer vel vir die deure. Ons het deur al die kamers gestap, en elkeen was volgens 'n tema. Daar was ook 'n Bar, met glasse ook van ys. Daar is ook 'n Kapel waar mense kan trou. Dit was rerig pragtig, en na al die ure op die pad, was dit rerig die moeite werd. Ons het toe ook by die restaurant gaan eet, en tipiese disse van Swede geeet, soos hul vis en Reindeer vleis, proe soos wildsvleis.















Toe is ons oppad terug. Langs die pad het ons 4 Reindeers (bok) gesien! Die aand 10uur is ons toe op die trein en 12ure later weer terug in Stockholm. Ek het toe op my eie net deur Stockholm gaan stap, al langs die water. Is toe ook in by hul Nasionale museum, wat pragtige skilderye gehad, en antieke meubels en porselein ens. Ek moet se, die Renaissance tyd se meubels en kuns was vir my pragtig! Die aand is ek toe terug Falun toe en die volgende oggend vroeg het die MUN begin, waar ek ook 'n paar keer moes speech. Moet se ek het na 2dae nogals moeg geraak vir sit en luister na verskillende mense en hul lande se opinies oor baie sake, tog het ek baie geleer. En van toe af het ek geslaaaap en series gekyk op my rekenaar. Maar nou sal ek weer druk moet begin akademies verkeer!
Baie Liefde uit die Noorde! Met tye dan tref dit my ewe skielik hoe vrek ver ek van jul is, en dan begin ek nogals verlang! Mis jul! My tyd nou basies halfpad al hierso. Tog is daar nog baie wat ek graag hierso wil doen terwyl ek nog hier is. Tata! :-) Karlien

Tuesday, March 13, 2007

Die tyd gaan ongelooflik vinnig verby! Ek is nou al 2maande hierso, en vandag toe ek so deur die dorp stap toe besef ek dat ek nou nogals al kan se ek raak lief vir die plek en begin goed aanpas en gewoond raak aan hoe dinge gedoen word! Het darem nou al die publieke vervoer stelsel ook leer ken, en more ry ek weer met die trein Stockholm toe! Was tot al op 'n Ferry/Skip!!! Ek het anderdag net so bietjie rondgestap en toe verby 'n sneeuman geloop wat kinders gemaak het! Ek het toe ook by die Dalarna (provinsie naam waarin ek bly) museum 'n draai gaan maak, en daar was 'n uitstalling van die vrou Selma wat die Nils Holgerson (storie op tv gewees oor klein seuntjie en eende) boeke geskryf het, Nils Holgerson is baie groot hierso, en hier is nog gereeld opvoerings daarvan.
Ek was verlede naweek toe by die Vasaloppet (groot ski kompetisie, 15000 deelnemers en 90km ver), ek het saammet 'n klomp Swedse jongmense, koeldrank en vatten (water in sweeds) en blueberry sop en gileon(snaakse sweedse drankie) ens. uitgedeel en tussenin probeer liedjies sing. Dit was nogals 'n morsige affere, maar groot fun!! Dit was 'n ongelooflike ervaring!!!!

Ek het nie geweet so baie mense kan ski nie!!! Ek het die vorige aand by Anna se huis oorgeslaap (en lekker gekuier saammet haar gesin, en ma-kos geeet!), ek het in 'n mooi houthuisie buite hul houthuis geslaap, met die mooiste uitsig!!! Die oggend vroeg het ons toe die wegspring op TV gekyk en toe gery na die punt waar ons gewerk het, so 60km vanaf die wegspringpunt. Dit was 'n lang dag, en ons was doodmoeg die aand! Toe het ek by Ingrid (vrou ook in my klas) se huis gaan oorslaap en rustig gekuier. Die volgende dag het ons gewerk aan 'n United Nations resolution wat ons moes doen. Ons gaan volgende week deelneem aan 'n modelering van die United Nations vir 3dae, en dan moet ons Noorwee (Ek, Abe en Ingrid) verteenwoordig en hul standpunt stel op sake soos "distribution of medicine (eg. anti-retroviral) and patent of medicine" asook oor "prisoners of war". Dit is sodat ons meer kan leer wat gebeur by die United Nations se vergaderings. Nadat ons aan ons resolution gewerk het, het ons 'n mooi pad teruggery Falun toe en ook by 'n village ingery en bietjie rondgestap, en ek het op water geloop, 'n huge meer!!! Was natuurlik geys! Op die foto is ek en Ingrid op die brug, waaroor jy veronderstel is om te loop (dis nou as daar nie ys is nie).


Donderdag het ons toe op die ferry geklim na Estonia! Die foto is van my en die ander 2 SA meisies, oppad na die ferry. Die ferry lyk meer soos 'n cruiseliner!!! Daar is Restaurante en Cabaret shows en 'n disco en 'n pub en 'n winkel en Fastfood shop. Asook 'n winkel met drank en die lekkerste sjokolades, wat natuurlik alles taxfree te koop is! Dit was 'n AMAZING ervaring!!!! Op die een foto is ek met by die vloerplan van die ferry. Ek het die trip ongeloooooooolik baie geniet, en al was dit koud, ook op die dek gaan rondloop. Op die foto is 'n paar van ons op die dek. Ons was 12 wat saamgegaan het, 8 vanaf Poland, 2 vanaf Spanje en 4 van SA. Ons het baie lekker gekuier, maar ongelukkig kon ons 4 Suid-Afrikaners nie Estonia binne gaan nie!!!! Paspoort probleme, nadat ons juis vir die travel agency gevra het om seker te maak, maar nou ja, so leer ons, van nou af gaan ons direk embassy toe!!!! My kamera het wel baie meer as ek gesien! Ek het dit maar saammet 'n Poolse vriendin ingestuur, en intussen het ek maar vir Talinn (hoofstad van Estonia) vanaf die skip besigtig. Die aand terug het ons gekuier tot 6uur die oggend, op die foto is ons besig om 'n Cabaret te kyk en te kuier. 8uur die oggend was ek al weer op om foto's vanaf die dek te gaan neem, so ons was maar heel doodmoeg en op die bus was almal doodstil en het net geslaaaaaaaap! Sondag was ek toe saammet van my vriende na 'n Rooms Katolieke Kerk, dit was my heel eerste ervaring in die RKK. Ek kon nie veel verstaan nie, want die diens was in Sweeds, maar tog was dit 'n interressante ervaring! More gaan ek vir 2dae saammet ons klas na Stockholm toe. Ons gaan na die Parlements gebou en 'n paar mense daarso ontmoet, onder andere die ombudsman van homoseksualiteit. Ons is op die oomblik besig met "Human Rights in Sweden" en dis nogals baie interressant, het vandag weer 'n lang gesprek oor religie gehad, en gedebateer oor Swede wat as 'n gesekulariseerde land beskou word. Donderdagaand klim ek en Abe en Brent dan op die trein na Umea, dis so 10ure se treinry op na die Noorde! Daarso gaan ons 'n draai maak by die ander universiteit met wie die Kweekskool ook 'n uitruilprogram het. Op die oomblik is Jennie Macrae en Clint le Bruyns vanaf Stellenbosch daarso, so dan gaan ons hul ook gou sien!! Dan gaan ons Vrydagaand by Luisa oorslaap, 'n Sweedse vriendin wat voorheen by ons in Stellenbosch geswot het. Saterdag gaan sy ons ook na die Ysthotel toe vat, waarna ons baie uitsien want dit is blykbaar baie mooi, met sculptures uit ys! Ek sien ook uit om die sneeu in die Noorde te sien, want dit het 2dae terug hierso begin reen, en jul sal nie glo hoe vinnig die sneeu gesmelt het nie, die wereld lyk skoon vreemd! Vir eers moet ek bye se, want het nou 'n Afrika ete saammet die African Studies groep en dan moet ek gaan pak vir my trip!!!