Thursday, March 22, 2007

Heloda!!! Na al die travel en die Modeling United Nations was ek doodmoeg, dat ek amper 'n dag en 'n half omgeslaap het!!! Nou is ek weer reg vir wat volgende moet gebeur, ongelukkig minder avontuurlustig as die vorige 2 weke, want dis AKADEMIES! Yip, ek het 2 take en volgende week alweer eksamen, maar direk daarna vlieg ek UK toe, so dan kan ek weer lekker kuier en lekker rondtravel! Ek het 'n amazing week gehad!! Dit het begin met 'n trip na Stockholm, die hoofstad van Swede en 'n ongeloooooooflike mooi stad!!!! Dit bestaan uit 'n klomp eilande, so orals is water en brue. Verder is die ou geboue pragtig, veral die Old Town. Toe ek so deur die ou lang geboue en pragtige klip paadjies stap, toe voel ek regtig in Europa!
Hier is ook 'n paar Lutheraanse kerkgeboue wat pragtig is! Hier is een foto binne-in een van die kerke. Die spesifieke kerk werk baie met immigrante en het ook 'n Swahili diens. Die aand het ons ook in 'n ou kelder, vanuit die 15de eeu gaan eet, en dit was rerig 'n stunning ervaring! Ons het ook die aand oorgeslaap in 'n youth hostel, wat natuurlik 'n skip was, so ek het weer op die water geslaap!



Ons was ook na die Stadsaal waar die Nobel prys altyd oorhandig word. Hierso is 'n foto van my by die Stadsaal, en ook 'n foto van ons klas by die pragtig uitsig vanuit die tuin. Xolile Simons, een van ons dosente van SA is ook vir 4 weke hierso en ook op die foto.



Ons was ook na die "armer" deel van Stockholm, waar jy net immigrante sien bly, jy sien nie rerig maklik 'n Sweed daarso nie. Dit kom nie eens naby aan die arm dele van SA nie, maar tog het ek hierso 'n ander deel van Swede gesien. Orals is hierdie lang vaal woonstelblokke, met min ruimte.




Dit was natuurlik eintlik 'n akademiese trip, so ons het 'n paar plekke besoek om inligting te kry oor Swede se betrokkenheid by menseregte. Ons heel eerste stop was by die Ombudsmanne vir diskriminasie, daar is 4, een vir "homosexuality", een vir "gender", een vir "ethnicity and religion" en een vir "disability". Dit was baie interressant om te luister watter tipe werk hul doen. Ons was ook na Sida - "Swedish international development agency", dis 'n staatsorganisasie wat ontwikkelings werk doen op verskeie vlakke regoor die wereld, hul betaal ook my beurs. Ons was ook na die Parlementsgebou toe, hierso is 'n foto wat ek daarso geneem het.
Vanaf Stockholm is ek en Brent en Abe op die trein na die Noorde!!! En 10ure later het ons in Umea afgeklim, waar Luisa ons met 'n groot smile kom haal het!!! Was baie lekker om haar weer te sien, en half weird om te dink, voorheen was sy in SA, en nou kan ons haar huis en omgewing sien waarvandaan sy kom. Ons is toe na Umea Universiteit waar sy ons bietjie rondgewys het en ons het ook vir Clint en Jennie van SA ontmoet en lekker gekuier en saamgeeet. Van daaraf is ons toe vir 4ure in die kar na Boden toe, dis waar Luisa eintlik bly. Sy bly ook in 'n pragtig rooi houthuisie (tipies van swede). Die aand is ons toe saammet haar na haar kerk waar sy 'n youth group het, en ons het lekker saam liedjies gesing, gedans, en popcorn geeet, en bybelstudie gehou en toe iets kunstigs gemaak. Die volgende dag is ons toe weer vir 4 ure in die kar nog meer op na die Noorde. Ons het deur die Sami omgewing(inheemse groep van swede) gery, en oor die Arktiese sirkel gegaan (ek en Luisa op foto). Die hele wereld was toe onder die sneeu! Dit het ook gesneeu terwyl ons gery het, en was ek bly dat ek nie hoef te bestuur nie!





Toe kom ons by die YSHOTEL!! Ongelooflik stunning!! Hierso is 'n foto van die ingang, met Reindeer vel vir die deure. Ons het deur al die kamers gestap, en elkeen was volgens 'n tema. Daar was ook 'n Bar, met glasse ook van ys. Daar is ook 'n Kapel waar mense kan trou. Dit was rerig pragtig, en na al die ure op die pad, was dit rerig die moeite werd. Ons het toe ook by die restaurant gaan eet, en tipiese disse van Swede geeet, soos hul vis en Reindeer vleis, proe soos wildsvleis.















Toe is ons oppad terug. Langs die pad het ons 4 Reindeers (bok) gesien! Die aand 10uur is ons toe op die trein en 12ure later weer terug in Stockholm. Ek het toe op my eie net deur Stockholm gaan stap, al langs die water. Is toe ook in by hul Nasionale museum, wat pragtige skilderye gehad, en antieke meubels en porselein ens. Ek moet se, die Renaissance tyd se meubels en kuns was vir my pragtig! Die aand is ek toe terug Falun toe en die volgende oggend vroeg het die MUN begin, waar ek ook 'n paar keer moes speech. Moet se ek het na 2dae nogals moeg geraak vir sit en luister na verskillende mense en hul lande se opinies oor baie sake, tog het ek baie geleer. En van toe af het ek geslaaaap en series gekyk op my rekenaar. Maar nou sal ek weer druk moet begin akademies verkeer!
Baie Liefde uit die Noorde! Met tye dan tref dit my ewe skielik hoe vrek ver ek van jul is, en dan begin ek nogals verlang! Mis jul! My tyd nou basies halfpad al hierso. Tog is daar nog baie wat ek graag hierso wil doen terwyl ek nog hier is. Tata! :-) Karlien

No comments: