HEJ!!!!!
Die tyd vlieg verby! Ek is al amper 6weke in Swede en kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie!!! Maar ek geniet dit nog ongelooflik baie hierso!!!! Die wereld is natuurlik nog spierwit hierso!! Ek was gister vir 'n uur en 'n half op die pad, en terwyl ons so verby die sneeu, woude en mere en sweedse rooi hout huisies gery het, het ek net weereens besef watter ander wereld dit eintlik is en hoe pragtig dit is!
Swede vier ook Valentynsdag so, ons was na die opening van 'n kuierplek vir studente! Ons het toe ons maar probeer mooi maak vir die aand! En baie kiekies geneem van mekaar. Hierso is ook 'n foto van my en Tamsin net voordat ons uit is! Ek het 2 huge pakkies uit S.A. gekry vir Valentynsdag, so was lekker bederf!!! Het net ewe skielik baie homesick geraak en besef ek mis tog my familie en vriende baie!
Verder het ek darem al 'n bietjie meer van Swede gesien as net Falun!!! Ons was as 'n klas na Mora toe, 'n kleiner dorpie bietjie meer Noord op! Ons het ons eksamen daarso gaan doen. Ek het 'n taak en presentation gedoen oor "Children Rights contextualised in South Africa". My eerste module is dus nou verby en volgende week begin ons met die tweede module. Die lekkerte was natuurlik dat ons nie net eksamen gedoen het nie, maar ook gaan SKI het! Yip, ek het gaan SKI!!!!!!! Dit was een van die amazingste ervarings wat ek nog gehad het! Ek het ook 'n paar keer lekker geval, maar het darem met die laaste afdraande my balans goed gehou en nie geval nie :-) Die afdraandes is eintlik vir my baie makliker as die opdraandes, want dan wil ek net agteruitgaan! Maar die afdraandes kan ook scary raak, want die spoed raak alhoe vinniger! Tog het ons baie fun gehad!! Die meisie saammet my op die foto se naam is Anna. Sy bly in Mora en was al 'n paar keer in Suid-Afrika en hoop om volgende jaar voltyds in SA te gaan swot.
Volgende naweek gaan ons weer Mora toe want dan is dit die Vasaloppet. Dit is die langste ski kompetisie in die wereld van 90km. Hul saai dit ook landswyd op die televisie uit. (Klink vir my amper soos die Comrades in SA).
Ons was ook na 'n Cultural evening. Daar het 3 kore opgetree. En ek moet se hierdie Swede mag ook maar sing! En hul kan ook dans terwyl hul sing. Abe en Brent het later saammet hul gaan dans! Na die tyd was daar "FIKA". Dis 'n Sweedse woord en tradisie wat jy baie gou leer ken. "FIKA" beteken om saam koffie te drink met ietsie lekkers te ete. So dan is daar 'n lekker kuieratmosfeer. Dit was ook nie lank nie toe het hul 'n sirkel gevorm en weer liedjies saamgesing en gedans, Brent het ook lekker saamgespeel!
Ek het darem ookal by 'n kerk uitgekom. Die mense het ons baie gasvry ontvang. Hul het iemand gekry om vir ons die Sweeds te vertaal na Engels en ons ook na die tyd genooi vir "FIKA". Daar was 'n Gospel choir en band gewees wat gesing het en dit was rerig baie mooi gewees. Ons gaan ook nou probeer om by 'n selgroep te probeer in skakel.
Dan kan ek darem se my vliegtuigkaartjie Engeland toe is ook bespreek! Ek gaan vir 5dae in die begin van April vir Beate (vriendin van Stbos) kuier, en sien ongelooflik baie uit daarna!!!
Vir eers is my nuus ook nou weer klaar! Groete uit 'n baie koue deel van die wereld! (die koue het my ook al beetgekry, ek al vir 'n paar dae vrot van die verkoue).
Saturday, February 24, 2007
Monday, February 5, 2007
3Weke al hierso in die NOORDE van die aardbol! Yip, die tyd vlieg verby!!! Ek het soveel ervaringe al gehad dat ek nie weet waar om te begin nie. Maar kom ek begin maar by die etes en die kos. (Ek het vir almal gese ek gaan min eet in Swede, maar dit werk nie, ek sien dis maar een van die hoof sosiale middele!)Ons het as 'n klas (Human Rights course) in ons eerste week een aand saam 'n egte Sweedse fliek gekyk en toe Sweedse kos geeet. Hul eet Smorgasbrod, dit lyk amper soos crackerbread en dan met verskillende smere en kaas wat jy saammet dit eet. 'n Ander groot Sweedse treffer is hul meatballs. Hul eet ook vis wat ingele is in verskillende soorte souse (maar dit was vir my eerlik waar minder lekker) Maar ons het alles uit probeer. Ons het baie lekker saamgekuier en na die tyd ook Sweedse en Suid-Afrikaanse liedjies gesing (daar is 'n musiekonderwyseres ook in ons klas wat die kursus ekstra doen, en sy bring 'n lekker vibe in die klas). Ons Suid-Afrikaners het ook vir hul gewys hoe om te dans! Verlede Maandag was ek weer by 'n ander ete by die Lutheraanse kerk, ons was 24 Internasionale studente wat saam kos gemaak het en saamgekuier het. Ek het gehelp met die vrugteslaai saammet die roomys vir poeding! Ek het daarso op 'n Sweedse wereldkaart ook gesien dat Kaapstad in Sweeds is Kapstaden en Sydafrika. Tussenin maak ons self lekker kos hierso in Britsen Hall (Dis nou ons blyplek), of moet ek se Brent maak die lekker kos, ek weet nie wat ons sonder hom sou gedoen het nie! Op die een foto is ons SA studente (weet jul hoeveel mense het my al gevra hoe kan van Afrika af kom as ek dan wit is, of wie was my voorouers, en kom hul ook van Afrika af?) Die snaakste was toe Brent 'n klomp meisies probeer oortuig het dat olifante en leeus in ons strate afloop, en party het nogals daaroor begin wonder.
Ek het die naweek die dorp bietjie meer gaan verken, ek dink ek weet nou min of meer waar is wat, dis eintlik 'n baie klein dorpie. Die meer is baie mooi (vir die wat nie weet nie, Swede is bekend vir al sy baie mere) en ek het 'n lang ent langs die rivier ook gaan stap en die ou deel van Falun gaan besigtig. Hier was vir jare lank 'n ou Koper myn en dis nou 'n World heritage site. Die dorp het meestal rondom die myn ontwikkel. Hier is ook die mooiste ou kerke. Ek het baie kamera mal geraak, en 'n paar eende ook afgeneem, maar dit was vir my net so pragtig hierso gewees, dat ek net alles wou afneem. Hier is baie parke, veral langs die rivier rond, waar die mense gaan stap. 'n Sweedse vrou het na my gekom en toe in Sweeds met my begin praat oor die foto's wat ek neem. Ek het toe maar net gesmile en verduidelik dat ek haar nie rerig verstaan nie.
Ek was ook al by 'n egte Sweedse verjaarsdag partytjie (ek het al begin wonder wanneer gaan ek Swede ontmoet want word net heeltyd omring met Internasionale studente). 'n Meisie wat voorheen 'n uitruilstudent in Stellenbosch was het ons genooi, en ons het rerig lekka gekuier, daarna het hul vir ons bietjie die naglewe van Falun gaan wys, en ons is uitgenooi vir 'n trippie na Stockholm, so ons hoop om gou soontoe te kan gaan. Ek moet wel se, almal wat my gewaarsku het dat die wereld hier is baie sekuler en dink anders oor die lewe, ek het dit duidelik agtergekom!!!! Christenskap beteken hierso vir baie mense nie veel nie!
Ek ook al 'n Floorball game gaan kyk, dit is iets soos hokkie/yskhokkie, maar net binnemuurs. Dis nogals 'n groot sport hierso in Europa, en ek het dit baie geniet. Ek het later ook begin opspring en vir Dalarna se span begin skreeu (dis nou Hogskolan Dalarna, die universiteit waar ek swot).
Ek moet darem seker ook by die swottings uitkom! Ek geniet my kursus ongelooflik baie, en dis vir my 'n goeie variasie op die teologie. Ek moet elke week 'n taak ingee, en vandag moes die tweede een in wees. Verlede week s'n het meer oor verskillende teoriee oor menseregte gegaan en oor die United Nations se menseregte verklarings. Ons het ook baie debatte gehad oor die universaliteit daarvan, veral op die konteks van Afrika. Vandag se taak het gegaan oor verskillende "civilizations" en hoe dit gevorm word deur kultuur en godsdiens en waardes, ens. en hoe hierdie civilizations dan in konflik met mekaar kom en hoe menseregte persepsies ook verskil. Maar hierdie is maar 'n BAIE KORT opsomming daarvan, die werk is nogals baie kompleks! Of moet ek se, mense is baie kompleks!!!
Hierso is 'n laaste foto. Swede het ook baie bome en woude, en hierso is een van die paadjies tussen die bome wat ek stap as ek na die klas toe gaan! Laat my effens aan rooikappie in die bos dink.
Ons praat weer!!!
Op die ander foto is Ginger van China en Thomas van Oostenryk wat een aand by ons kom eet het. Ginger het ook vir ons chinese tee gegee wat sy van die huis af saamgebring het.

Subscribe to:
Posts (Atom)