HEJ!!!!!
Die tyd vlieg verby! Ek is al amper 6weke in Swede en kan nie glo die tyd het so vinnig verby gegaan nie!!! Maar ek geniet dit nog ongelooflik baie hierso!!!! Die wereld is natuurlik nog spierwit hierso!! Ek was gister vir 'n uur en 'n half op die pad, en terwyl ons so verby die sneeu, woude en mere en sweedse rooi hout huisies gery het, het ek net weereens besef watter ander wereld dit eintlik is en hoe pragtig dit is!
Swede vier ook Valentynsdag so, ons was na die opening van 'n kuierplek vir studente! Ons het toe ons maar probeer mooi maak vir die aand! En baie kiekies geneem van mekaar. Hierso is ook 'n foto van my en Tamsin net voordat ons uit is! Ek het 2 huge pakkies uit S.A. gekry vir Valentynsdag, so was lekker bederf!!! Het net ewe skielik baie homesick geraak en besef ek mis tog my familie en vriende baie!
Verder het ek darem al 'n bietjie meer van Swede gesien as net Falun!!! Ons was as 'n klas na Mora toe, 'n kleiner dorpie bietjie meer Noord op! Ons het ons eksamen daarso gaan doen. Ek het 'n taak en presentation gedoen oor "Children Rights contextualised in South Africa". My eerste module is dus nou verby en volgende week begin ons met die tweede module. Die lekkerte was natuurlik dat ons nie net eksamen gedoen het nie, maar ook gaan SKI het! Yip, ek het gaan SKI!!!!!!! Dit was een van die amazingste ervarings wat ek nog gehad het! Ek het ook 'n paar keer lekker geval, maar het darem met die laaste afdraande my balans goed gehou en nie geval nie :-) Die afdraandes is eintlik vir my baie makliker as die opdraandes, want dan wil ek net agteruitgaan! Maar die afdraandes kan ook scary raak, want die spoed raak alhoe vinniger! Tog het ons baie fun gehad!! Die meisie saammet my op die foto se naam is Anna. Sy bly in Mora en was al 'n paar keer in Suid-Afrika en hoop om volgende jaar voltyds in SA te gaan swot.
Volgende naweek gaan ons weer Mora toe want dan is dit die Vasaloppet. Dit is die langste ski kompetisie in die wereld van 90km. Hul saai dit ook landswyd op die televisie uit. (Klink vir my amper soos die Comrades in SA).
Ons was ook na 'n Cultural evening. Daar het 3 kore opgetree. En ek moet se hierdie Swede mag ook maar sing! En hul kan ook dans terwyl hul sing. Abe en Brent het later saammet hul gaan dans! Na die tyd was daar "FIKA". Dis 'n Sweedse woord en tradisie wat jy baie gou leer ken. "FIKA" beteken om saam koffie te drink met ietsie lekkers te ete. So dan is daar 'n lekker kuieratmosfeer. Dit was ook nie lank nie toe het hul 'n sirkel gevorm en weer liedjies saamgesing en gedans, Brent het ook lekker saamgespeel!
Ek het darem ookal by 'n kerk uitgekom. Die mense het ons baie gasvry ontvang. Hul het iemand gekry om vir ons die Sweeds te vertaal na Engels en ons ook na die tyd genooi vir "FIKA". Daar was 'n Gospel choir en band gewees wat gesing het en dit was rerig baie mooi gewees. Ons gaan ook nou probeer om by 'n selgroep te probeer in skakel.
Dan kan ek darem se my vliegtuigkaartjie Engeland toe is ook bespreek! Ek gaan vir 5dae in die begin van April vir Beate (vriendin van Stbos) kuier, en sien ongelooflik baie uit daarna!!!
Vir eers is my nuus ook nou weer klaar! Groete uit 'n baie koue deel van die wereld! (die koue het my ook al beetgekry, ek al vir 'n paar dae vrot van die verkoue).
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment