Op die ander foto is Ginger van China en Thomas van Oostenryk wat een aand by ons kom eet het. Ginger het ook vir ons chinese tee gegee wat sy van die huis af saamgebring het.
Ek het die naweek die dorp bietjie meer gaan verken, ek dink ek weet nou min of meer waar is wat, dis eintlik 'n baie klein dorpie. Die meer is baie mooi (vir die wat nie weet nie, Swede is bekend vir al sy baie mere) en ek het 'n lang ent langs die rivier ook gaan stap en die ou deel van Falun gaan besigtig. Hier was vir jare lank 'n ou Koper myn en dis nou 'n World heritage site. Die dorp het meestal rondom die myn ontwikkel. Hier is ook die mooiste ou kerke. Ek het baie kamera mal geraak, en 'n paar eende ook afgeneem, maar dit was vir my net so pragtig hierso gewees, dat ek net alles wou afneem. Hier is baie parke, veral langs die rivier rond, waar die mense gaan stap. 'n Sweedse vrou het na my gekom en toe in Sweeds met my begin praat oor die foto's wat ek neem. Ek het toe maar net gesmile en verduidelik dat ek haar nie rerig verstaan nie.
Ek was ook al by 'n egte Sweedse verjaarsdag partytjie (ek het al begin wonder wanneer gaan ek Swede ontmoet want word net heeltyd omring met Internasionale studente). 'n Meisie wat voorheen 'n uitruilstudent in Stellenbosch was het ons genooi, en ons het rerig lekka gekuier, daarna het hul vir ons bietjie die naglewe van Falun gaan wys, en ons is uitgenooi vir 'n trippie na Stockholm, so ons hoop om gou soontoe te kan gaan. Ek moet wel se, almal wat my gewaarsku het dat die wereld hier is baie sekuler en dink anders oor die lewe, ek het dit duidelik agtergekom!!!! Christenskap beteken hierso vir baie mense nie veel nie!
Ek ook al 'n Floorball game gaan kyk, dit is iets soos hokkie/yskhokkie, maar net binnemuurs. Dis nogals 'n groot sport hierso in Europa, en ek het dit baie geniet. Ek het later ook begin opspring en vir Dalarna se span begin skreeu (dis nou Hogskolan Dalarna, die universiteit waar ek swot).
Ek moet darem seker ook by die swottings uitkom! Ek geniet my kursus ongelooflik baie, en dis vir my 'n goeie variasie op die teologie. Ek moet elke week 'n taak ingee, en vandag moes die tweede een in wees. Verlede week s'n het meer oor verskillende teoriee oor menseregte gegaan en oor die United Nations se menseregte verklarings. Ons het ook baie debatte gehad oor die universaliteit daarvan, veral op die konteks van Afrika. Vandag se taak het gegaan oor verskillende "civilizations" en hoe dit gevorm word deur kultuur en godsdiens en waardes, ens. en hoe hierdie civilizations dan in konflik met mekaar kom en hoe menseregte persepsies ook verskil. Maar hierdie is maar 'n BAIE KORT opsomming daarvan, die werk is nogals baie kompleks! Of moet ek se, mense is baie kompleks!!!
Hierso is 'n laaste foto. Swede het ook baie bome en woude, en hierso is een van die paadjies tussen die bome wat ek stap as ek na die klas toe gaan! Laat my effens aan rooikappie in die bos dink.
Ons praat weer!!!
No comments:
Post a Comment