'n Week is al verby, en dit voel asof ek nog skaars hier is! Ek bly baie lekker, en ons het gister ons eerste koshuis gang vergadering gehad! Hier is oulike mense in ons gang!
Ek het ook al darem ietsie meer van die sneeu al ervaar. Dit begin nou nogals erg koud raak (maar ek verkies dit bo die verskriklike hitte waarvan almal my vertel in RSA). Ons het 'n bietjie gaan "Sledge race" hier naby ons saammet van die ander Internasionale studente. Hierso is 'n foto van my en Abe net voordat ons afgegaan het en 'n foto van my nadat ek op my eie af is en weer opgestap het. Dis ongelooflik lekker! Maar jy moet maar jou handskoene aanhou want dis verby koud!!
Ek het belowe om foto's op te sit van my kamer, so hier is my kamerdeur se poster en 2 foto's van my kamer met foto's van SA en my familie en vriende teen die muur! Ek moet se ek geniet die internet ongelooflik baie in my kamer, weet nie hoe ek weer sonder dit gaan regkom nie! My skype werk nogsteeds nie maar ek MSN en google talk baie lekker! Dis so lekker om daaroor te gesels, dit voel of my ouers of vriende sommer hier by my is! Ek het ook 'n webcam, so ons kan mekaar sommer sien ook!
My klasse het Dinsdag begin! Dit was heel interressant! Ons was eers in kleingroepies opgedeel en daar was 'n Nigerier, 'n man van Ghana, 'n vrou en man van Swede en 'n man van Argentinie wat eintlik in Israel grootgeword het en nou in Swede bly in my groep. Ons moes gesels oor wat ons dink menseregte is, en was dit 'n interressante gesprek met al hierdie verskillende mense! Ons het net ongelooflik baie leeswerk gekry, so ek is alweer druk besig met akademie!!
Ek en Abe het vir ons nuwe baadjies en skoene aangeskaf vir hierdie koue. Hier is foto's van ons albei. Die skoene het ongelukkig my voete stukkend geskaaf, so ek nie baie lus om dit vir die volgende paar dae meer te dra nie, dit hou dalk jou voete warm, maar my voete is vrek seer!
Ek sluit af met 'n foto van 'n tipiese Sweedse huis. Hier is baie ruimte want die populasie in hierdie land is eintlik maar baie klein. Die huisies is rerig baie mooi en oulik, lyk vir my soms soos oulike hout pophuisies! Die sonsondergang hier is ook vir my pragtig!

No comments:
Post a Comment