Thursday, January 18, 2007

SWEDE!!!!! Ek kan nie glo ek is al hierso, selfs al loop ek tussen die sneeu en praat omtrent almal rondom my Sweeds, voel dit nogsteeds onwerklik! Ek (en Abe en Brent) het Maandagaand gevlieg (gelukkig goed geslaap op die vliegtuig, miskien het die kalmeer pilletjie, wat my ma my ingegee het gehelp). Dinsdagoggend was ons vroeg op Heathrow, en sjoe is hul sekuriteit streng, jy mag NET 1 SAK by jou he en al die liquids moet minder as 100ml wees en in 'n plastiese sakkie gebere word. Toe vlieg ons Stockholm toe, op die foto kan jy sien waar ek by Arlanda lughawe is. Ons het so 14:00 geland (SA tyd 15:00), toe soek ons die trein na Falun. Ons trein het eers 16:06 gery, so ons het bietjie daar rondgesit. Ons het die son al sien sak 15:00, ja die son gaan hierso vroeg onder, dis nogals iets om aan gewoond te raak as jy pas van die Kaap afkom waar dit eers 21:00 donker is!! Dit is ook eers van 9:30 af lig hierso! Die treinrit was nogals vir my 'n ervaring, hul publieke vervoer is rerig goed, dit is op tyd en stop by elke dorpie! Ek kon op die trein ook my laptop aansit en foto's kyk!


Op die foto sien jul waar ek treinry!! Ek het wel duidelik besef ek is 'n uitlander want het op die verkeerde wa geklim, en toe hoor ons, ons moet in wa 6 wees en op 'n spesifieke sitplek sit! Toe moes ons maar 2 waens afstap terwyl almal ons aankyk :-)

Ons het in die donker in Falun aangekom, maar iemand het ons darem kom haal en na ons hostel gevat. Ek sal nog 'n foto van my kamer vir jul opsit, wil dit net eers 'n bietjie meer huislik laat lyk!

Die volgende oggend het ons kennis gemaak met Falun se ys, dit het 3dae vroeer vir die eerste keer gesneeu en die sneeu het al begin smelt, so ons het maar gly-gly aangegaan. Dis omtrent 30min se stap na Hogskolan Dalarna (die universiteit waar my klasse is), ons stap veral lank omdat jy versigtig moet vastrap!

Hier is 'n foto van die universiteit. Ek gaan 4 modules in menseregte doen, hierso vorm dit deel van die Masters in African Studies, so die menseregte modules kyk ook veral na die ontwikkeling van menseregte in Afrika. Hier is ook baie ander internasionale studente, so ons leer verskillende mense ken. Hier is een foto van my saammet 'n Portugese meisie Monica en Tamsin ook van RSA. Op die ander foto is 'n paar uitruilstudente saam met wie ons bietjie die dorp gaan explore het (ons kon darem 'n McDonalds ook vind).

Die inkopies is nogals 'n ervaring, veral die kos want alles is omtrent in Sweeds, so jy hoop maar jy koop die regte kos. Ons het byvoorbeeld melk gekoop en toe is dit dikmelk en proe effens suur :-). Ek het net histeries uitgebars van die lag!!! Die mense by die winkels praat ook Sweeds met jou, jy moet ook betaal om 'n waentjie te gebruik vir die inkopies. Ek het vandag maar vir my 'n baie warm baadjie gaan koop wat water en wind bestand is! Asook warm skoene want my voete het al effens begin pyn van die koue. Tog is die weer nie vir my ondraaglik koud nie, ek geniet die weer! En het veral die sneeuvlokkies gisteraand baie geniet! Ons het 'n ent gestap in die sneeu, en O... dit het sooooo mooi gelyk!!!!!!!


In die dag is daar orals stootskrapers wat die sneeu wegskraap, want glo my, jy't later nie meer 'n idee waar is die strate en waar is die gras of sypaadjies nie. Hul gooi ook dan teerklippies bo-op wat baie help sodat jy nie gly nie.


Vir eers gaan ek ophou skryf! Sal later meer nuus en foto's opsit!

1 comment:

Wim Conradie said...

Jislaik maar jy's oulik met die leke pienk website hoor!

Hoop jy het 'n awesome tyd!

Lovies
Wim