Op die foto sien jul waar ek treinry!! Ek het wel duidelik besef ek is 'n uitlander want het op die verkeerde wa geklim, en toe hoor ons, ons moet in wa 6 wees en op 'n spesifieke sitplek sit! Toe moes ons maar 2 waens afstap terwyl almal ons aankyk :-)

Ons het in die donker in Falun aangekom, maar iemand het ons darem kom haal en na ons hostel gevat. Ek sal nog 'n foto van my kamer vir jul opsit, wil dit net eers 'n bietjie meer huislik laat lyk!
Die volgende oggend het ons kennis gemaak met Falun se ys, dit he
t 3dae vroeer vir die eerste keer gesneeu en die sneeu het al begin smelt, so ons het maar gly-gly aangegaan. Dis omtrent 30min se stap na Hogskolan Dalarna (die universiteit waar my klasse is), ons stap veral lank omdat jy versigtig moet vastrap!
Hier is 'n foto van die universiteit. Ek gaan 4 modules in menseregte doen, hierso vorm dit deel van die Masters in African Studies, so die menseregte modules kyk ook veral na die ontwikkeling van menseregte in Afrika. Hier is ook baie ander internasionale studente, so ons leer verskillende mense ken. Hier is een foto van my saammet 'n Portugese meisie Monica en Tamsin ook van RSA. Op die ander foto is 'n paar uitruilstudente saam met wie ons bietjie die dorp gaan explore het (ons kon darem 'n McDonalds ook vind).

Die inkopies is nogals 'n ervaring, veral die kos want alles is omtrent in Sweeds, so jy hoop maar jy koop die regte kos. Ons het byvoorbeeld melk gekoop en toe is dit dikmelk en proe effens suur :-). Ek het net histeries uitgebars van die lag!!! Die mense by die winkels praat ook Sweeds met jou, jy moet ook betaal om 'n waentjie te gebruik vir die inkopies. Ek het vandag maar vir my 'n baie warm baadjie gaan koop wat water en wind bestand is! Asook warm skoene want my voete het al effens begin pyn van die koue. Tog is die weer nie vir my ondraaglik koud nie, ek geniet die weer! En het veral die sneeuvlokkies gisteraand baie geniet! Ons het 'n ent gestap in die sneeu, en O... dit het sooooo mooi gelyk!!!!!!!

In die dag is daar orals stootskrapers wat die sneeu wegskraap, want glo my, jy't later nie meer 'n idee waar is die strate en waar is die gras of sypaadjies
nie. Hul gooi ook dan teerklippies bo-op wat baie help sodat jy nie gly nie.
Vir eers gaan ek ophou skryf! Sal later meer nuus en foto's opsit!
Vir eers gaan ek ophou skryf! Sal later meer nuus en foto's opsit!
1 comment:
Jislaik maar jy's oulik met die leke pienk website hoor!
Hoop jy het 'n awesome tyd!
Lovies
Wim
Post a Comment